Ons help Tshwane Belastingbetalers en gebruikers van munisipale dienste met probleme op hul munisipale rekeninge, die afgelope twee jaar. As ons terugkyk oor die tyd is daar ‘n paar sake wat vir ons uitstaan:
- Regstelling by ‘n klient van meer as R 1 miljoen op elektrisiteitsverbruik vir amper 10 jaar
- Regstelling van verskeie foutiewe water, riool en eiendomsbelasting tariewe, waar wesenlike besparings vir van ons kliente beding is.
- Regstelling van Vullisverwydering en Stadsreiningsheffings.
- Regstelling van waterheffings op ‘n foutiewe meter.
- Verlaging van die “Vacant Land” eiendomsbelasting tarief tot ‘n meer realistiese en vergelykbare tarief.
- Opsporing van ‘n water lek by ‘n woonstelblok – waar meer as R 30 000 se water per maand verlore gegaan.
- Behulpsaam om verskeie belastingbetalers, wat kwalifiseer vir Eiendomsbelasting korting, te laat aansoek doen.
- Die ontleding van elektrisiteits verbruiksprofiele en beplanning rondom die “Time of Use” tariewe om besparings te bewerkstellig.
- Opening, sluiting en konsolidasie van rekeninge asook die terugbetaling van krediete op munisipale rekeninge.
- Die grootste sukses was die regstelling van ‘n R17 miljoen elektrisiteits rekening na ‘n bedrag van ongeveer R 4 miljoen – ‘n groot verligting vir die eienaar.
Ons voetspoor in Gauteng is nou groter en ons was ook behulpsaam om ons eerste kliente in die volgende munisipale gebiede suksesvol te help:
Johannesburg • Ekurhuleni • Mogale City (2018)